h1

Stamvaders

21 June 2009

Aangeheg is ‘n aantal Suid Afrikaanse stamvaders se gegewens wat ek verkry het van http://vocopvarenden.nationaalarchief.nl/search.aspx

Dit is net die stamvaders wat ek self in belang stel en net vir die periode 1700-1794. Gaan soek gerus vir u eie stamvaders.

Ek hoop dit kan van hulp wees.

VOC stamvader inligting

h1

Preis

17 March 2009

Hieronder is die informasie wat ek het oor die Preis Familie.

johan-anton-preis-se-voor-en-nageslagte1

h1

Waar kry ek daardie boek?

13 March 2009

Baie genealogiese informasie is te vinde in boeke. Veral familie boeke en historiese boeke kan baie help met navorsing. Ongelukkig is dit so dat as jy nie in een van die groot stede bly nie, en selfs daar, is dit baie moeilik om die informasie in die hande te kry. In hierdie artikel gaan ek ‘n paar gevallestudies gee en hoe ek die probleme opgelos het.

Daardie Buitelandse boek:

Daar is basies twee maniere waarop ‘n mens kan uitvind oor ‘n boek.

Die eerste is ‘n soektog op ‘n soekenjin soos Google. Ek het onder andere ‘n soektog in Google gedoen oor een van my voorsade wat in Denemarke gewoon het, Dominicus Preis. Ek vind toe dat daar ‘n reeks boeke is oor Denemarkse Kerke en dat hy genoem word in daardie boek. Hoe nou gemaak. Die boek kos amper R1 000 en dit sluit nie eers posgeld in nie. Wel, dalk sal ‘n reis Denemarke toe werk. Verder nog is die boek in Deens en ek is nie Deens magtig nie.

Die anwoord. Die Deense biblioteekdiens het ‘n “Vra die Bibliotekaris” diens. Ek het eenvoudig die bladsy verwysings gegee en ‘n vriendelike bibliotekaris het binne 5 dae die gedeeltes uit die boek vir my aangestuur en boonop was die gedeeltes sommer nog in Engels vertaal ook.

Die tweede manier is op www.familysearch.org.  Gaan na “Search Records” en dan na “Library Catalogue”. Daar kan jy dan kies om na ‘n “Place Name” te soek. Ek weet Dominicus Preis oorspronklik van Praag af gekom het. As jy Praag intik kry jy ‘n lys van temas en onder “Census 1770” vind mens die boek Popis obyvatelstva hlavního města Prahy z roku 1770”. Die Tjeggiese biblioteekdiens het ook ‘n “Vra die Bibiotekaris” diens. Ek vra toe vir die persoon om vir my al die mense met die van Preis in die boek te stuur. En ja, binne ‘n week het ek die inligting gehad. Die inligting was ook in Engels vertaal (Ook maar goed want my Deens is beter as my Tjeggies!). Ongelukkig het die informasie my nie gehelp nie, maar ten minste hoef ek nie verder te wonder wat dalk in daardie boek staan nie. Die beste is dat hierdie dienste gratis is.

Ek het ook geweet dat Johan Carel Gottlieb Höffer vanaf Plauen in Duitsland gekom het, hy is die stamvader van die Hefer familie. Ek het toe ook op Familysearch gesien dat daar ‘n boek oor die burgers van Plauen is. Ek het toe na die biblioteek van Plauen se webwerf gegaan en in hulle aanlyn katalogus (Baie bibioteke het deesdae aanlyn katalogusse) gesien dat die boek in die biblioteek is. Ek het die Bibliotekaris ge-epos en die vriedelike dames het toe my vraag na ‘n amateur genealoog gestuur wat spesialiseer in Voogtlandse navorsing. Sy het binne dae na my toe terugekom. Sy het nie net vir my die informasie uit die boek aangestuur nie maar ook in die argiewe daar gaan krap en wonderlike informasie gevind oor hom (Ek sal binnekort ‘n artikel hieroor vir Familia aanstuur). Die snaakste van die hele situasie is dat toe ons die raaisel ontrafel het het ons gevind dat die Suid Afrikaanse informasie in SAG nie akuraat is nie EN dat ek en sy familie is, ons is “9th Cousins” m.a.w. ons het ‘n gemene voorsaat 11 generasies terug.

Dus, indien jy vind daar is ‘n boek in die buiteland, soek dit in ‘n biblioteek se aanlyn katalogus en vra vir ‘n vriendelike bibliotekaris om dit vir jou op te soek. Ek het dit al drie keer probeer en al drie keer het ek wonderlike hulp ontvang.

Daardie Suid Afrikaanse boek

Ek het nog die probeer om ‘n Suid Afrikaanse biblioteek te nader nie, meestal omdat ek die Cory Library for Historical Research nie eers vyfhonderd meter van my kantoor af het nie. Die Cory Library het ‘n verstommende hoeveelheid inligting oor beide Afrikaanse en Engelse Families. Hulle het ook die volledige reeks SAG’s en hulle historiese bronne is ongelooflik. Daar is ook ‘n geindekseerde katalogus van alle mense wat in die “Grahamstown Journal” genoem is. Daar is baie informasie weereens oor die Groot Trek geselskappe, die area se Engelse Settelaars en Afrikaanse boere.

Daar is ‘n aanlyn katalogus by www.ru.ac.za/corylibrary en ek weet dat die bibliotekaresse, Sally Schramm ook vir mense informasie opsoek. Haar epos adress is s.schramm@ru.ac.za. Die biblioteek is werklik ‘n besoek werd indien jy historiese informasie wil vind.

Ek weet die nationale biblioteekdiens het ook ‘n aanlyn katalogus by http://www.nlsa.ac.za/NLSA/databases het.

Boeke bly ‘n baie goeie manier om informasie te kry, gebruik die biblioteekdienste, dit is die moeite werd.

h1

Born2late – Reborn

4 March 2009

I have decided to re-start my blog. I am simply not very interested in writing about myself and my experiences. My blog will now deal with things I love: Photography, Genealogy, Opera and Science Fiction. It will definitely be my opinions.

I have deleted my old posts, except those with photos on, my photos will still tell my story, but in a visual way.

Watch this space!!

Johan

h1

Elliot – Barkley East

5 December 2007

Herewith some photos I took over the weekend in Barkley East and Elliot, Eastern Cape, South Africa.

h1

Wildlife photography

26 September 2007

I have found a new (Another!!) passion in life, wildlife photography.

 We visited my parents in KwaZulu-Natal and went to visit a game park called Tala Game Reserve near Eston.

 I took some lovely photos, see the slideshow.

 How wonderfull nature is.